Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Cover image for Weg!

Weg!

Weg! Tuinroete 2026
Magazine

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

REDAKTEURSBRIEF

Weg!

Om in die Tuinroete mens te word • As jy in die Tuinroete grootword, is berge, woude en strande deel van jou vroegste herinneringe. Wat ’n voorreg, skryf Esma Marnewick.

Tussen woud en water • Die woude rondom Knysna bied eindelose speelplek vir natuurliefhebbers. Maar met sy versteekte strandjies, uitstekende eetplekke, interessante geskiedenis en ontspanne luim is die dorp self ’n belewenis. Só maak jy die beste van ’n vakansie langs die strandmeer.

Beddings vol biodiversiteit • Die Tuinroete met sy woude, berge, riviere, vleilande en strande is voorwaar ’n lushof vir mens en dier. Maar wat maak van dié streek so ’n besonderse tuin? Christiaan Viljoen, die kurator van die Tuinroetebotaniese tuin, vertel meer oor dié ruigtes se bekoring wat hy al van kindsbeen af geniet.

Dis mooi wêreld dié! • Ken jy die Waboomskraalvallei en die Herold-gebied bo-op die Outeniekwaberg? Die meeste mense hou gewoonlik verby op pad van George af Oudtshoorn of Uniondale toe. Draai volgende keer by dié vyf interessante plekke in.

Nimmer ’n saai dag in dié baai • Die sogenaamde baai van Mosselbaai, wat van dié bedrywige kusdorp af strek tot by Heroldsbaai in die ooste, is alombekend vir sy luilekker strande en ongerepte natuurskoon. Jac Kritzinger het seelangs gery en op ’n klompie dinge afgekom waarmee jy jou kan besig hou wanneer jy die strandsand afskud.

Die inkleur van ’n dorp • Die Tuinroete se trekpleisters is wêreldbekend, maar tog beskik dié seldsame streek steeds oor ’n paar versteekte juwele. Een so ’n vonds is Friemersheim se kleurryke muurskilderye. Jac Kritzinger gesels met Fourie Ackermann, die kunstenaar agter die kwas.

Proe plaaslik • ’n Goeie padstal is meer as net ’n winkel. In die flessies staan die omgewing se vindingrykheid gebottel, die varsgoed vertel wat nou in die boorde te pluk is en in die oond rys ’n familieresep. Elkeen van dié vyf aftrekplekke is ’n venster wat jou anders laat kyk na die kontrei.

Net rivier en natuur • Die Goukamma-natuurreservaat lê net ’n bleshoendertree van die N2-snelweg af. Maar as die hek saans sluit, is dit net jy en die vlei.

In die katedraal van kalanders • Die wonder van die Knysnawoud lê nie net in sy natuurskoon nie, maar in die feit dat ’n plek soos dié nog bestaan. Op die Outeniekwa-staproete beweeg jy deur dieselfde klowe en valleie waar Dalene Matthee se karakters gewoon het. Jy volg voetpaaie wat olifante eeue gelede uitgetrap het. En sê dankie dat ’n paar van die bos se eintlike legendes die swaai van die byl gespaar is.

Meet spiere met die Storms! • Een van die lekkerste maniere om die Tsitsikamma se woude, berge, kus en sy nasionale park te verken, is op ’n fiets. Pierre Steyn het dit eers tydens ’n legendariese bergfietswedren en ’n paar maande later weer op ’n rustige slentertoer gedoen. En hy glo albei roetes is bedoel om meer as net een keer gery te word!

Bootjies na Kammaland • Tussen die inheemse woude en die ruwe Suid-Kaapse kus is talle voetpaadjies, piekniekplekke en uitkykpunte. Maar dié deel jy gewoonlik met ’n klomp ander toeriste. Wat van ’n slag waterlangs verken? Uit ’n kano of kajak kyk ’n mens nuut na al dié mooi.

Pypkan die somerskares! • Begin die vakansiegedrang jou onderkry? Gaan gooi jou handdoek by een...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans