Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.
Landbouweekblad
IN ’N BLIK
Stories wat in die landbou saak maak
Landbou se breë winsmarge ‘net onder 25%’
Wenner
Verloorder
BKS – en nie politiek – op die landbou-agenda • Willie Aucamp, nuwe minister van landbou, wil in die eerste 100 dae in sy pos aandag gee aan verskeie kwessies. Die hantering van beken-klouseer (BKS) geniet voorkeur, maar hy wil ook ’n verskil maak aan die koringtarief en landelike veiligheid.
Boere ken van siektebekamping
Briewe
Hoor Aucamp die hoenderbedryf kraai?
Artikel 9-skema uiteindelik gepubliseer ná vertraging en Staatskoerant-glips • Nadat verskeie belanghebbendes in die lewendehawebedryf hul frustrasie oor die gesloer met die afkondiging van die Artikel 9-skema in die Staatskoerant uitgespreek het, is dit uiteindelik op 8 Julie afgekondig. Die kennisgewing is egter kort daarna teruggetrek omdat dit onder die verkeerde staatsdepartement se naam verskyn het voordat dit reggestel is.
Wiele begin draai vir entstofaanbod • Die rooivleisbedryfsliggaam RMIS het begin met onderhandelings om entstof aan te koop en ingevolge die Artikel 10-skema beskikbaar te stel aan boere wat hul diere wil inent voordat die staat se inentingsprogram hulle bereik.
Produksieseisoen taamlik onseker • Daar is tans vrae oor boere se planne vir die komende someraanplantings weens onsekerheid oor die produksiekoste in die 2026-’27-seisoen, lae winsgewendheid weens swak kommoditeitspryse, asook kommer oor die moontlike invloed wat ’n El Niño-gebeurtenis kan hê.
Wes-Kaap ontvang 40 ton voedsel • Talle organisasies uit die noordelike dele van Suid-Afrika het hande gevat met die stigting People of South Africa, ’n organisasie sonder winsoogmerk, om 40 ton voedsel aan sopkombuise oor die Wes-Kaap heen te skenk. Twee van dié organisasies is Senwes en Thuso Milling, wat aan die voorpunt van die veldtog was en 34 ton mieliemeel bygedra het.
Hawens: Onbetroubare koueketting is swakste skakel • Met die Kaapstad- en Durban-hawe wat in die onlangse prestasie-indeks vir houerhawens onderskeidelik heel onder en derde van onder op die ranglys van internasionale houerhawens geplaas is, is die klem opnuut op die deurslaggewende rol van hawens om landbou-uitvoer te steun.
Landboukalk: Is ’n nuwe myn ooit nodig? • Ernstige kommer bestaan oor die omgewingsrisiko’s van ’n beoogde nuwe kalkmyn by Riversdal in die Suid-Kaap, en daar word gevra of só ’n myn hoegenaamd ekonomies lewensvatbaar is.
‘Ons sit vas onder in die skag’ • Die toekoms van mielieboere is net soos dié van koringboere (sien bl. 34) op ’n mespunt gebalanseer. Mielieboere rig ’n noodkreet tot die banke om nie vas te klou aan ’n beleid wat nie tred hou met ’n nuwe werklikheid nie.
Dekade in landbou: 5 uitskieters en 5 sukkelaars • Makadamias, bloubessies, maar ook sojabone en suurlemoene tel onder die landbougewasse wat in die afgelope dekade ongekende groei in Suid-Afrika getoon het. Daarenteen was dit skynbaar nie ’n goeie dekade vir blomkool, sorghum of katoen nie.
‘Ons veg vír Suid-Afrikaners, nie teen Suid-Afrikaners nie’ • Die inisiatief teen ongedokumenteerde buitelanders raak talle bedrywe, onder meer dié wat benadeel word deur die onwettige handel in nagemaakte goedere. Die uitgangspunt is dat Suid-Afrikaners moet voordeel trek uit hul eie ekonomie.
Die blinde kol in die koringbeleid • In ’n vorige artikel het Graan SA gewys op vyf denkfoute van Itac. Dié rubriek krap nog dieper in die drogargument dat koringboere se winsgewendheid toegeneem...