Die leefstyltydskrif van 132 bladsye vir kampeerders, woonwa- en 4x4 entoesiaste en avontuurreisigers
Weg! Ry & Sleep
Vriende op die langpad
Stof tot nadenke • Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by 🖰 rysleep@weg.co.za en onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbesonderhede te gee. Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort – en na goeddunke in die tydskrif, op die webwerf en elders te gebruik.
NUUS
Wenresep bly vir Hilux • Toyota het pas sy nuwe Hilux bekend gestel. Cyril Klopper kyk wat is alles nuut.
Toyota se bulletjie • Toyota se jongste bakkiegebaseerde sportnuts, die Land Cruiser FJ, het onlangs in Suid-Afrika aangeland en Cyril Klopper bekyk sy syfers.
Luukse woelwater • Die derde geslag van Audi se Q3 het sy opwagting in Junie vanjaar gemaak. Cyril Klopper bekyk hom van nader.
Slim en gemaklik • Die LDV Terron 9 het in Mei vanjaar in Suid-Afrika aangeland. Cyril Klopper kyk wat is uniek aan hierdie bakkie.
Lékker van die pad af! • In BERG Off-Road se geval gee CX3 plus CX6 jou CX4. Die CX4 is die nuutste toevoeging en deel eienskappe van sy jong- én ouboet
Kamp maklik • As ’n mens kyk hoe gewild die Easy Camping-opslaanwa is, het Dawie Labuschagne vanVanderbijlpark ’n wenresep beet.
Pak én slaap • As jy jou kampwa ook as ’n sleepwa kan inspan, slaan jy twee vlieë met een klap. Dis presies wat Jako Vorster met sy Hyena S1 regkry.
Groete Van de Kamp tot kamp • Gehalte is die Bosvark se wagwoord. Só gesels Harm van de Kamp van Cullinan oor ’n splinternuwe boswoonwa wat met heelwat nuwighede spog.
Die groot Weskustoer • Die Weskus lyk met die eerste oogopslag na ’n ongenaakbare en windverwaaide streek, maar as jy eers een keer hier was, kruip hy diep in jou hart in. Só ry jy hom van onder na bo.
In die middel van alles • Druk jou vinger in die middel van die Suid-Afrikaanse padkaart en slaan kamp op by dié drie gawe plekke in die omgewing.
Op die rand van die stad... • ’n Kampplek in die Oos-Rand se “bos” maak net nie sin nie... tot jy by Bush Inn inry.
Kafue beloon jou op die agterpad • Partye plekke openbaar hulle aan jou die oomblik as jy daar aanland. Die Kafue- nasionale park beloon diegene wat bereid is om ’n bietjie verder te gaan.
Bain se beste bergpas • Die Bainskloofpas buite Wellington in die Boland word beskou as die padmaker Andrew Geddes Bain se magnum opus. Só ry jy hom van oos na wes.
As jy en jou kar saam asem skep • Jy gil, jy bid en dan bid jy weer... Donovan en Marina Burke van Brackenfell onthou ’n waarlik epiese reis na die Richtersveld.
Ford se middelkind • Ford het ons genooi om sy jongste Ranger – met ’n 2,3 ℓ-EcoBoost-petrolenjin – te toetsbestuur.
Angel in die bos • In jou oprit gaan die Wasp se wiele jeuk, want hy is meer tuis in ’n uithoek iewers ver in die land.
Deur die dak! 2026 • Het kamp duur geword? Die kort antwoord is ja, maar daar is ’n hele paar sondaars.
Woonwatoerusting vir groentjies • As jy nuut is in die wonderlike wêreld van woonwaens en boswaens, het ons 18 produkte wat jy gerus kan oorweeg.
Dík en lekker! • Met dubbeldik Griekse jogurt kan jy omtrent toor – maak enigiets van marinades, souse en romerige slaaisouse tot kammakaaskoek... en selfs kaas!
BLOKRAAI
PRETBLAD
Die welstand van oorlandreise • Oorlandreise in Suider-Afrika word deur verskeie uitdagings in die gesig gestaar, wat sulke reise oor die grens al hoe moeiliker kan maak as die probleem nie getakel word nie, sê Mic van Zyl.
Ligging of ervaring? • Kamp gaan oor meer as net waarheen jy gaan; dit gaan oor wat jy doen, wat jy leer en hoe jy voel terwyl jy daar is, sê Neels...