Leef stadiger, leef lekkerder: Weg Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland lê – of hulle klaar daar woon, daar grootgeword het, beplan om soontoe te trek, graag daar gaan kuier of net hunker na ’n lewe weg van die gejaag. Die tydskrif is prakties én inspirerend, en ewe lekker om te lees en te kyk met artikels oor entrepreneurs, selfdoenprojekte, diere, tuine, kos, dorpe en mense.
Soms ís SA net die beste!
Weg! Platteland
Boepensbroodjies vir die Battiss-fees!
#50 is fantasties!
Dis nou ál nadeel van die platteland
Geprogrammeer om te herwin
Nuus & dagboek • Dis heerlike lente, die winter’s verby – en die kalender blom oorvloedig met doendinge. Reis na die Kamdeboo of Hessequa om fees te vier, gaan stap in ’n park met ’n paar honderd honde, of speel in die kombuis met ’n blinknuwe toestel.
Dinge vir jou dagboek*
TEKENNOU IN enbetaal R96 per tydskrif
Onsgaan dorp toe! • Vir hierdie vars en vrolike lentekopies het ons ’n wye draai gery en ingeloer op De Rust, Franschhoek, Gqeberha, Heidelberg, Kaapstad, Knysna, Nelspruit, Plettenbergbaai, Pretoria, Stilbaai, Vredendal, Wellington en Yzerfontein.
LOXTON Plex van stilte, skaduwee in stories • Genade en skaduwee is bra skaars in die ysterkliprante en bossieveld van die Hardemanskaroo, maar Loxton se strate vol denne-en peerbome bied wonderlike lafenis. Reisigers haak heel dikwels hier vas, en as hulle weer sien, is hulle inwoners…
In ’n neutedo(r)p
Ontmoet die mense
Streek vanons hart • Die Karoo is ’n enigmatiese en diverse landskap met eindelose horisonne, en die ATKV-tak op Loxton wou iets doen om dié wye streek te wys vir mense wat dalk nie meer daar kan kom nie. Dit is hoe die Eg Karoofotografiekompetisie geboreis, sê Annelise Vorster Meyer.
Karoo… Klein, Groot &‘Great’! • Die Facebookblad Great Karoo is ’n goeie aanduiding van presies hoe diep die Groot-en Klein-Karoo in Suid-Afrikaners se hart lê. Dié eenmansuksesverhaal is in 2017 begin en het volkome organies gegroei tot ’n blad met meer as 115 000 volgelinge. Jens Friis, skepper van die blad, vertel meer.
Die Vrystaatse planneboer • Ons ken almal die gesegde “’n boer maak ’n plan”, maar volgens Landbouweekblad se redakteur gebeur dit nie meer in Suid-Afrika nie. Deesdae bel boere wat in die knyp is, sommer dadelik vir Michris Janse van Rensburg om namens hulle met nog een van sy bekroonde blink planne vorendag te kom.
Daar’s weer perde op Paardeplaats! • Nadat Gerda en Brian Whitehorn byna 35 jaar op Paardeplaats gewoeker het, betree dié bergplaas in die Longtompas ’n nuwe fase: Die jong Liversage-gesin met perdry in hulle bloed het die buurgrond gekoop, ’n skuur in ’n praghuis omskep en huur nou die Whitehorns se gastehuis vir hulle perdrysafari’s. In die Longtompas sit jou buurman altyd ’nhand by.
Die beste olyfolie… ter wêreld (word net hier gemaak) • Suid-Afrika is dalk ’n dwerg in terme van die hoeveelheid olyfolie wat ons produseer, maar een van die groot kokkedore as dit by internasionale olyfoliekompetisies kom. Vele van dié wen-olies kom van De Rustica in die Klein-Karoo waar ’n“familie”van werkers die olywe nog met die hand oes en die perfekte balans handhaaf tussen ou tradisies en die nuutste tegnologie.
Ontmoet die mense
Blomme in die berge • Aan die voet van die Sentraal-Drakensberg, 28 km buite Winterton, is die energieke Easton-egpaar besig om ’n organiese leefstyl vir hulle gesin op te bou terwyl hulle ook ’n aktiewe rol speel in die politiek en bewaring. Hoe kry twee jong boere (wat boonop ouers is) soveel hooi op hulle vurk gelaai? Die antwoord is eenvoudig: hartstog.
Die sagter kant van die Hardemanskaroo • Dit is nie net seuns wat vasgroei aan die plase waar hulle grootword...