Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Cover image for SARIE

SARIE

Sarie Kreatief 2026
Magazine

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Brief: Kreatiewe redakteurs

Sybokhaar KAROO SE GOUE SKAT • Die stilte, die kleure, die rykheid en dorheid van die landskap – als weerspieël in ’n handgeweefde mat. Hierdie is die storie van entrepreneur Frances van Hasselt en haar erfenis-angorabokke

WOL verlief • Elke jaar kom daar ’n spesiale groep mense in die Karoo byeen om ’n wolfees te hou – die Winter Wool Karoo Festival, wat veel meer is as jou gewone fees. Dit bring aankopers, handelaars, ontwerpers en verbruikers bymekaar om wolboere te leer ken en die geliefde Karoo te ervaar. Daar is uitstallings, stalletjies, praatjies, demonstrasies, werkswinkels en natuurlik iets om te eet en drink in egte Karoostyl. Kom kry hope inspirasie en neem deel aan die uitruil van tegnieke, planne en patrone. Vanjaar word dit van 3-4 Julie op die plaas Dwarsvlei, Middelburg, gehou. Daar is selfs kampeerplek by die fees

1 WARM TRUI MET ROLKRAAG • As jy eers die omvousteek onder die knie het, is die trui maklik om te brei

2 GEHEKELDE KOMBERS IN EFFEKLEUR • Die kombers bestaan uit blokke met spiraalmotiewe wat alles in een kleur gehekel word en dit ’n besonderse tekstuur gee

3 WOLTRUI VIR HOM • As jy wil, kan jy die trui met knoop- en knoopsgatstroke brei, maar dit lyk elegant net so en party mense verkies ’n trui wat nie toeknoop nie

4 GEHEKELDE STREEPSOKKIES • Met die breidraad vorm die gekleurde strepe vanself soos wat jou hekelwerk vorder

5 MAKLIKE RONDEHALSTRUITJIE MET RAGLANMOUE • As jy nog nooit ’n trui gebrei het nie, is dié patroon ’n maklike een om aan te pak

6 MUSSE VIR ALMAL • Meet die kopomtrek van die gelukkige mens vir wie jy die mus wil brei om te bepaal watter grootte patroon jy moet kies

7 SPONTANE KOMBERS • ’n Slim manier om van al jou resbietjies breidraad ontslae te raak is deur lang rye in reksteek te brei

8 GEHEKELDE PIENK TRUI • Hekel met die snoesige dik draad vir jou ’n trui vir die winter. Die voor- en agterpant word sywaarts gehekel

WOL verlief • Met die onlangse modevertonings in Europa het breidrag weer mense na hul asem laat snak. Gestruktureerde truie, oorgroot moue en krae en selfs truie met strikke het op die loopplank verskyn. Kleure is ’n mengelmoes van baldadige skakerings tot pastelkleure. Ons plaaslike ontwerpers en handwerkers staan ook nie ’n tree terug nie

9 PERS TRUI MET KABELS • Die lekker warm trui word met ’n dik draad gehekel. Toets vooraf die kabelpatroon om vertroud daarmee te raak

10 BEERTJIE-MUSSIE MET STEWELS • Brei die oulike stelletjie vir die nuwe baba. Kyk na die foto en borduur die beer se gesig agterna op

11 MOULOSE TRUI MET BOBBELS • Hou jou nek en lyf warm met die gehekelde top. Die pante word elk sywaarts gehekel

12 FLUWEELSAGTE V-HALSTRUI • Hierdie trui is vir klein en groot. Kontrasterende kleure breidraad word vir die V-hals en randstroke gebruik

13 KLASSIEKE RONDEHALSTRUI • ’n Kombinasie en afwisseling van regs- en aweregssteke vorm die steekpatroon vir die hele trui

14 VROLIK GESTREEP • Vir maklike aan- en uittrek word knoopsgatlussies aan een raglanrand van die agterpant gehekel, met knopies aan die teenoorstaande raglanrand

15 KINDERBAADJIE MET SAKKE • Stroke van reksteek, ’n kantpatroon en...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans