Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.
HALLO
Tuis
Ons lesers sê • Stuur ’n e-pos na redakteur@tuis.co.za en tik in die onderwerpreël: Brieweblad. Gesels saam by facebook.com/tuistydskrif, of volg ons op Instagram by @TuisHomeMag. Verstrek asseblief jou naam en van, asook die naam van jou dorp, wanneer jy aan ons skryf.
Vertrekke met kleure wat vlieg!
Wat’s nuut • Stuur dekor- en leefstylnuus na johane.neilson@tuis.co.za.
’n Super-intense tien weke ... • Dís hoe lank dit geneem het om hierdie eens afgeleefde Georgiaanse ‘dame’ te omtower in ’n knus blyplek vol lewe en prettige kleur, nes die gesin van vier wat nou hier woon.
’n Nes vir 4 susters • ’n Karoo-plaashuis naby Matjiesfontein is die knus bymekaarkomplek van ’n familie wat oor die wêreld heen versprei is.
Volkleur op vakansie • Winter of somer – op Hermanus is die lewe heeljaar lank vrolik én knus.
Kom saam winkels toe!
SKRYF NOU IN! • Sal ’n kontantprys met die komplimente van Gelmar help om jou droomhuis ’n werklikheid te maak? Moenie nog wag nie! Inskrywings vir ons jaarlikse Regruk met flair-kompetisie sluit binnekort.
‘My geskenk uit die vlamme’ • Lanie van Reenen kon ’n ramp in iets positiefs omdraai en is dolgelukkig in haar kompakte dakwoonstel op haar huis wat in ’n brand verwoes is.
Vra die kenners • Raadop met ’n saai interieur waar als by mekaar pas, of laat knoetsdennehout jou kopkrap? Vra net – ons kry die antwoorde.
Dieremaniere
Tuindagboek
BLOKRAAI #192
Elke bietjie help! • In haar Mandalay-tuin in die Oos-Kaap doen Janine Pitt elke dag iets, dit maak nie saak hoe gering die taak is nie. En sy word oorvloedig beloon.
Skoonheid in die skadu’s • Tuinmaak in die skaduwee kan ’n uitdaging wees, of jy nou onder bome plant of in die ruimte onder die dakrand. Ons het by die kenners om raad gaan aanklop …
’n Pot vol WINTER • Soos die dae kouer word, word dit al hoe lekkerder om tyd by die warm stoof deur te bring. Geniet die geure terwyl die potte prut en dan die gesigte vol afwagting wanneer jy die kos met trots op die tafel sit.
Koffie-en- sjokoladekoek! • Karamel, koffie en sjokolade – kan ’n mens vir méér vra?
Kos is op die tafel!
Kos & drank
As die hemel val • Sy verlê kort-kort iets in die huis, skryf Karin Brynard. Dis normaal. Wat haar gooi, is die goed wat sy soms ongevraagd vind.