Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.
HALLO
Tuis
Ons lesers sê • Stuur ’n e-pos na redakteur@tuis.co.za en tik in die onderwerpreël: Brieweblad. Gesels saam by facebook.com/tuistydskrif, of volg ons op Instagram by @TuisHomeMag. Verstrek asseblief jou naam en van, asook die naam van jou dorp, wanneer jy aan ons skryf.
Uit ’n ander wêreld • Dié winter se koelste ruimtes word deur plat-op-die-aarde skakerings gedefinieer – of dit nou ’n subtiele fluistering is of kleur wat jou omvou.
Wat’s nuut
Boho-strandhuis • ’n Ou vissershuis is omskep in ’n ontspanne maar weelderige toevlugsoord – sonder dat die voetspoor enigsins vergroot is.
GEANKER IN ’N kreatiewe visie • Hierdie huis uit die 1950’s is met aandag aan detail en liefde opgeknap in ’n luilekker tuiste vol lig en lewe vir die twee innoverende siele wat hier woon.
Belofte van vrede • ’n Binneontwerper het haar hart én siel op ’n plaas in die Breëriviervallei verloor – knus omvou deur die berge wat van oraloor sigbaar is, met voorlangs ’n reuse-dam wat die vrede weerspieël.
Badkamers • Skep die ruimte van jou drome, van kalm en neutraal tot vol kleur en detail.
Lang gang word galery • Marius van de Wall was doodtevrede in sy klein woonstel, tot ’n groter plek in dieselfde blok oopgegaan het waar hy uiteindelik sy lank begeerde ekstra galerymure kon kry …
Vra die kenners • Wil jy weet hoe om kuns te hang? Vra net – ons kry die antwoorde.
Dieremaniere
Tuindagboek
BLOKRAAI #193
Rotsvas • Die Morrells het die oorvloed klip op hul eiendom gebruik om mure, pilare, paadjies en trappe te bou wat die huis se geskiedenis eerbiedig.
Dahlias om van te droom! • Wil jy ook sulke mooi dahliablomme in jou tuin hê? Ons het by die kenners van The Floristas Flower Farm in die Boland gaan raad vra.
AARDSE gunste en gawes • Rek jou rande (sonder om jou proteïeninname in te boet!) met grane, peule en groente in die seisoen.
Sitrusmarmelade • Ek het by my vriendin Susan Jordaan (wat kranig inlê) gaan aanklop vir ’n lekker marmeladeresep. Sy gaan vra toe haar ma, Mariette Breytenbach, wat dié maklike resep met ons gedeel het. Dankie tog vir ma’s!
Kos is op die tafel! • Min(der) bestanddele, steeds groot geur – met eier die gesonde proteïenrekker!
Kos & drank
DIE BLOU hond VAN Augustus • ’n Titsel melankolie hierdie tyd van die jaar, skryf Karin Brynard, is dalk heel goeie medisyne.