Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.
Landbouweekblad
IN ’N BLIK
Stories wat in die landbou saak maak
Dís hoekom die rand selfs sterker kan word
Wenner
Verloorder
Stukke plaas ‘weggevreet’ • Robertson is op sy knieë ná die onlangse vloedskade. Kenners reken dit kan sowat R1 miljoen per hektaar kos om die toegespoelde wingerdblokke oop te grawe.
Baklei teen die virus, nie teen mekaar nie
Briewe
Hond wat ’n bus jaag
‘Verskroeide aarde’ • Ondanks nougesette vloedvoorbereiding is sowat ’n kwart van die Van Loveren-wynlandgoed se balansstaat in die verwoestende storm in Mei in die Wesen Oos-Kaap uitgewis.
‘Wanneer ’n gemeenskap saamstaan’ • ‘Hier is ’n ding wat die Bonnievale-gemeenskap laat saamstaan en uitstyg, ook bo die dinge van die verlede, waarvoor ons so dankbaar is,’ sê Philip Jonker van die Weltevrede-landgoed buite die dorp.
Oos-Kaap lek steeds wonde
Risiko vir vloede ál groter • Sedert 2020 het vloedtoestande en -skade gereeld oor dele van Suid-Afrika voorgekom. Tydens die 2025-’26-somerreënseisoen was daar gereeld vloedtoestande, en meer onlangs het dit ook in die winterreëngebied voorgekom.
Noordwes-padherstel gaan lank duur • Die onlangse swaar reën in Noordwes het volgens vroeë ramings skade van meer as R160 miljoen aan provinsiale paaie en brûe veroorsaak. Teen druktyd was ’n deel van die N14- nasionale pad tussen Vryburg en Kuruman steeds gesluit.
Misdaadsyfers: 75 mense in drie maande op plase vermoor • Volgens die polisie se misdaadstatistieke is 75 mense van Januarie tot Maart vanjaar op landbougrond, plase en kleinhoewes in veral die Wes-Kaap vermoor.
Tientalle EU-boere kry Zim-plase terug • Die Zimbabwiese regering gee nou 67 plase aan hul Europese eienaars terug nadat dit in die vroeë 2000’s onteien is. Onsekerheid oor billike vergoeding aan ander onteiende boere duur voort, maar boere bly tog hoopvol.
BKS-uitspraak ontketen nuwe debat oor private sektor se rol
Inentings teen BKS móét vinniger geskied – AgriSA
Moenie weghol met uitspraak – Kwanalu • KwaZulu-Natal se landbou-unie (Kwanalu) vra omsigtigheid oor die private verkryging en toediening van entstowwe teen bek-en-klouseer (BKS) ná die uitspraak in die hooggeregshof in Pretoria dat die staat geen gronde het om private verkryging en verspreiding te verbied nie.
Namibië ervaar ál hoe meer druk oor BKS
Meer as 4 500 sakke mielies al opgetel ná wind se skade op MP-plaas • Erge wind het vroeg in Mei die Böhmers van Mkondo (voorheen Piet Retief) se mielies omgewaai, en Udo Böhmer het sedertdien baie planne saam met sy werkers en buurmanne beraam om vanjaar die oes in te kry.
‘Skoksyfers’ wys rekords kan spat met someroeste
‘Moenie tegnologie vertrou wat jy nie kan verduidelik nie’ • Kunsmatige intelligensie (KI) kan vars produkte langer vars hou, vermorsing beperk en logistiek verbeter, maar ondernemings wat dié tegnologie blindelings gebruik, loop groot regs-, veiligheids- en reputasierisiko’s.
Swakker sentiment: Maar dis nie net ’n bloedbad nie • Dit behoort eintlik geen verrassing te wees dat vertroue in die landbou vir die volgende jaar ’n knou gekry het nie. En dit was voor die gevoelige slag van die storms in die Wes- en Oos-Kaap.
Land Bank: Van finansier tot versekeraar • Die Land Bank het sy kapitaalposisie aansienlik verbeter en hy kan op die skouer geklop word dat die skip omgedraai kon word en dit nou ’n solvente onderneming is. Sy dae is egter getel om gespesialiseerde finansiering aan die...