Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.
Landbouweekblad
IN ’N BLIK
Stories wat in die landbou saak maak
Bek-en-klouseer ‘kan landbou se handelslopie pootjie’
Wenner
Verloorder
Grondbesettings: Kommer oor vertragings en duur prosesse • Die voorgestelde wetswysigings oor grondbesetting en uitsettings bevat sekere welkome veranderinge, maar daar is rede tot kommer dat dit hofprosesse langer en duurder kan maak en dat die staat van sy verantwoordelikhede op grondeienaars kan afskuif.
Wolboere maak toe geskiedenis
Briewe
Ontsluit nuwe kanse op groei in die landbou • Die gesprekke op die Nampo-oesdag 2026 het ’n betekenisvolle verskuiwing in die Suid-Afrikaanse landbou uitgewys. Hoewel veerkragtigheid noodsaaklik bly, verskuif die klem verder as bloot oorlewing na winsgewendheid, volhoubaarheid en langtermyngroei.
Vuil wasgoed saam met olie op die vuur dien niemand se saak
‘Leeu’ brul weer, maar Gamtoos-boere grom terug • Boere in die Gamtoosvallei kla nie, maar begin eenvoudig net weer van voor af, het Landbouweekblad op ’n besoek daar ná die vloedskade besef.
Vloedskade van Wes-Kaapse landbou meer as R5,2 miljard • Die Wes-Kaapse regering het pas sy voorlopige skadebepaling weens verlede maand se vloede bekend gemaak. Die skade oor die provinsie heen word tot dusver op meer as R9 miljard geraam, waarvan die grootste deel in die plaaslike landbousektor is.
Wolpryse styg met 54%: ‘Dit gee mens weer moed om aan te gaan’ • Die wolmark, wat die laaste veiling van die seisoen afgesluit het op die hoogste wolprys in randwaarde sedert 2018, bring ’n blaaskans vir wolboere te midde van toenemende insetkoste en onsekerheid.
Wolboere kan ná 100 jaar ‘na ’n goeie toekoms uitsien’ • Hoewel wolboere onder ekonomiese druk verkeer, kan hulle die toekoms met vertroue tegemoetgaan, het Billy van Zyl, voorsitter van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV), op dié organisasie se eeufeeskongres op Jeffreysbaai in die Oos-Kaap gesê.
Probleme pootjie steeds kommunale wolboere
Hofuitspraak open deur, maar ander wette geld stééds • Die uitspraak in die hooggeregshof in Pretoria oor die private verkryging van entstowwe teen bek-enklouseer (BKS) beteken nie dat boere nou onmiddellik entstof direk van invoerders, soos Dunevax, kan aankoop nie.
SA wil entstof na buurlande stuur • Suid-Afrika is van plan om sowat 150 000 dosisse bek-en-klouseer- (BKS) entstof uit ’n volgende besending aan sy buurlande te stuur, terwyl die departement van landbou ook met onderhandelings vir die uitvoer van rooivleis na ses lande besig is, sê dr. Mpho Maja, die departement se direkteur vir dieregesondheid.
Meer as 4 m. beeste geënt, maar uitbrekings neem toe
Is handelsoorskot van SA landbou volhoubaar? • Suid-Afrika se landbousektor het in die eerste kwartaal vanjaar die hoogste handelsoorskot nóg behaal. AgriSA se handelsverslag toon dat dit $1,55 miljard (R25,7 miljard) beloop – ’n verbetering van 16,1% in vergelyking met die eerste kwartaal verlede jaar.
Meer landbou-attachés op pad na buiteland, belowe Dirco • Op die Agbiz-kongres is gehoor dat die regering beplan om meer diplomate met landboukundigheid na van sy buitelandse sendings te stuur om ekonomiese diplomasie te bevorder.
Doeane-unie moet hervorm; SA moet op China konsentreer • Die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sadu) werk nie so goed soos wat dit behoort te werk nie en móét hervorm word. Daarby moet Suid-Afrika die geleentheid benut om groter marktoegang tot China te bewerkstellig.
Deur nou oop vir begin van...