Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Cover image for Weg! Platteland

Weg! Platteland

Winter 2026
Magazine

Leef stadiger, leef lekkerder: Weg Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland lê – of hulle klaar daar woon, daar grootgeword het, beplan om soontoe te trek, graag daar gaan kuier of net hunker na ’n lewe weg van die gejaag. Die tydskrif is prakties én inspirerend, en ewe lekker om te lees en te kyk met artikels oor entrepreneurs, selfdoenprojekte, diere, tuine, kos, dorpe en mense.

Genoeg is genoeg

Weg! Platteland

Vertelons

Nuus & dagboek • As die koue ons bekruip, keer ons na binne en vind troos in sintuiglike rykheid: sagte donskomberse, fyn parfuums of ’n goeie rooiwyn. Al dié dinge geniet die kollig in ons winterdagboek, met heelwat feeste, basaars en markte om die program lekker vol te hou.

Verdwyn onder die vere

Glad nie vrot nie, hoor!

Kanonkop-naam kraai koning

Kiek die Karoo!

Vier ’n vroeë Kersfees

Dinge vir jou dagboek*

TEKEN NOU IN en betaal R96 per tydskrif

Ons gaan dorp toe! • Ons verwelkom die kaggelseisoen met dié knus kopies uit Burgersdorp, Darling, George, Johannesburg, Kaapstad, die Paarl, Pretoria, Swellendam, The Crags, Uniondale en Worcester.

Waar bloed en water ewe dik is • Hoopstad, wat omring word deur mielie-en sonneblomlanderye met graansilo’s wat oor beskeie huise en ’n sandsteenkerk waak, lyk en voel met die eerste oogopslag nes enige ander dorpie in die noorde van die Vrystaat. Maar as jy eers met die inwoners begin gesels, oorrompel die gees van gemeenskap jou kompleet nes ’n Vrystaatse stofstorm.

Ontmoet die mense

Eet, drink, wees plesierig!

Steek vir steek suksesvol • Ál meer mense is totaal ongeletterd as dit kom by die maak, verstel of herstel van klere. Maar vir die twee vrolike weduwees van Die Naaldekokers op Moorreesburg is dié vaardigheidsgebrek al 12 jaar lank ’n besigheids-én besigbly-geleentheid duisend.

Bewakers van die grond • Hulle onwrikbare toewyding om ’n ware Amerikaanse grensleefstyl na te streef sal dalk vir sommige mense vergesog klink, maar ’n basiese hut op die noordelike Drakensberg-platorand het aan John Mos en Zelda Lombard, die “bergmense” van Kaapsche Hoop, die vryheid gegee om te leef en groei soos dit vir hulle bestem was.

Op ’n gasteplaas in die Boesmanland • Met die erge droogte tussen 2012 en 2022 in die Noord-Kaap het sommige boere besef ’n gasteplaas het ’n beter kans om sonder reën klaar te kom as ’n skaapplaas. In die Boesmanland het drie oornagplekke hulle deure uit nood oopgegooi – plekke van waar kuiergaste veel ryker terugkeer.

’n Storie uit Namaland • As jou taal en kultuur vroeër in die ooptes van die veld geleef het, asem by die kokerboom en halfmens gekry het, feeste gevier het onder die flonkerende Melkweg, gaan ’n aarde vol grense en voorskrifte dit doodwurg. In die dorpie Kuboes in die die Richtersveld probeer Chalwyn Thomas sy bes om ’n Nama-tjeent te bly.

O so mis-terieus • ’n Mens kan die ontlasting wat diere in die natuur laat, probeer miskyk óf dit gou vergeet. Tog is dit die onderwerp vir meesters-en doktorsgraadtesisse; veldgidse en veeartse woon konferensies by daaroor; en kenners is dit eens: Elke stuk dieremis vertel ’n tiental stories. Sarie Marais-Nell het ’n bietjie gaan snuffel.

Truffelsnuffel ‘Swartgoud’ vir jou bord • “Truffels” laat Suid-Afrikaners gewoonlik eerste aan sjokolade dink, maar die gesogte Périgord-swarttruffel, ’n ondergrondse swam waarvoor Europese smulpape tot R26000 per kilogram betaal, word al geruime tyd ook plaaslik gekweek – en ons voorste sjefs staan tou vir stukkies van dié “swartgoud”.

Ons gaan tuin toe • Winter in die tuin is geensins ’n wagtyd nie – dit is die seisoen om rustig te saai en dinge aan die gang te hou sodat jy in die lente ’n sterk en gesonde tuin het. Natasha van...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans