By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.
VAN DIE REDAKTEUR
Idees
GESELLIG ANDERS • Hierdie bekoorlike art deco-huis in die Moederstad – die tuiste van Rupert Smith, mede-eienaar van ’n visuelebemarkingsmaatskappy, en die kunstenaar en kurator Robin Kirsten – spog met ’n unieke mengsel van vintage skatte en komkommerkoel versamelstukke.
VINTAGE OP SY BESTE • Dié unieke, bekoorlik-elegante huis in Kaapstad is ’n meesterklas in gelaagde vintage styl, maar ook ’n ode aan die onkonvensionele.
OM DIE WÊRELD IN WIT EN BLOU • Blou lug en Toon van den Heever se ‘haelwit gestapelde wolke’, akwamaryn oseaangolwe met wit skuimkoppe en die helderblou van die glansspreeu in die winter op ’n witstinkhouttak. Dít eggo die kombinasie van die kleure wit en blou wat van antieke tye tot nou gewild bly.
KUNSKOMBUIS • Toe Carin Smith hierdie pragtige, rustige kombuis geskep het, het sy haar inspirasie van ’n kunswerk gekry.
HUIS VOL LIEFDE • Die Deense kunstenaar Carl Holsøe was bekend vir sy intieme skilderye wat sy huislike lewe saam met sy vrou en dogter uitbeeld. Sy kenmerkende styl met liggevulde vertrekke en elegante interieurs het ons geïnspireer om ’n paar dekor-items te skep.
PASTEI-PERFEKSIE • HEERLIK, HEILSAAM EN STADIG GAARGEMAAK - HIERDIE PASTEIE IS DIE TOPPUNT VAN WINTERTROOSKOS.
BROS, BETER, BOTTER • Die koeler weer is die ideale tyd om jou hand aan skilferkorsdeeg te waag. Volg ons maklike stappe om die deeg te lamelleer en al daardie lieflike bros lagies te skep wat perfek uitpof.
FRAMBOOS-BLOKKIES • Gebruik jou eie tuisgemaakte skilferkorsdeeg om dié heerlike, effens suur Deense gebak met ’n mooi blomontwerp te maak - perfek om voor te sit vir ontbyt of ’n laatontbyt.
MINI-WÊRELD • Wanneer die lewe en sommer alles vir jou te veeleisend raak, kan jy deur ’n pophuis of ’n miniatuur-replika van ’n gebou na ’n mini-werklikheid ontvlug, en miskien loop jy daar jou innerlike kind raak.
KLEIN KATRYN • Hier is ’n bietjie inspirasie om jou eie mini-huisie, kompleet met fraai meubeltjies, te maak.
HUIS-HUIS • Wanneer die nagte langer en kouer word, trek ons terug na die knusheid van ons eie huis. Dit was die inspirasie vir dié huisvormige handwerkprojekte.
KOM ONS SPEEL! • Bou en stik hierdie prettige speeltent en maak dit spesiaal met borduurwerk.
HUISWAARTS • Met hierdie sokkies is huis waar jy jou ook al bevind. ’Teken’ die oulike huisiemotief met oorskietbreidraad en -borduurgare.
KNUS MET KLEUR • HELDER JOU WINTER OP MET DIÉ ANDERSTE PROJEKTE.
SKONE SWAAN • Hierdie ponsnaaldkussing met sy swaanontwerp is ideaal vir ervare beginners. Met ’n bietjie oefening kan dit sonder ’n borduurring gedoen word.
BLOMMOOI • Bring ’n prettige retro-gevoel na jou huis met hierdie pragtige gehekelde blomkussing.
BLOKKIE VIR BLOKKIE • Hekelblokkies is so lekker om mee te speel. Jy kan baie daarmee doen én dit ronddraai nes jy wil, soos in dié mooi kussing.
KOUE DAE, WARM HANDE • Die koue is hier en dis tyd om hierdie snoesige, kleurvolle vingerlose handskoene te brei.
VOU JOU TOE • Of jy die sjaal of ’n smaller serp maak, die voltooide hekelprojek gaan jou in die koue winteroggende lekker warm toemaak.
’N JAS VIR JOU KAS • Speel rond met ’n paar stukke pragtige materiaal en maak vir jou ’n jas wat jy nog baie winters met trots sal dra.
MINDER PERFEK, MEER VREUGDE • Soms moet ’n mens skouer aan die wiel sit en eenvoudig daardie projek voltooi, pleks daarvan om die handdoek in te gooi net omdat elke detail nie perfek is...