Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Cover image for Tuis

Tuis

Tuis Werf 2026
Magazine

Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.

HALLO

Tuis

DIE sagter sy VAN HARDE landskappe • Lineêre ontwerp en geometriese patrone, die natuur se palet en organiese vorms gee als trefkrag aan dié stylvolle buiteruimtes!

’n Tuin vir samesyn • ’n Kreatiewe gesin het hul kompakte Karoo-tuin in verskeie “kamers” verdeel waar hulle alte heerlik kook, kuier en ontspan.

Kom saam winkels toe!

MODERNISTIESE meesterstuk • Dié buiteruimtes is dalk ontwerp vir ’n 20ste-eeuse leefstyl, maar skakel ook perfek in by die 1960’s-styl van die huis.

REGSTELLENDE stappe • Tuinkamers op verskillende vlakke en ’n kuierkol vir elke luim is presies wat dié Wellingtonse tuin nodig gehad het.

VAN motorhuis TOT mooiste GASTEBLYPLEK • Dié Airbnb is ’n toonvenster vir die eienaars se ontwerptalent en hul waardering vir herwinde items. Boonop skakel dit pragtig in by Irene se argitektuur.

Nóú gaan ons braai! • Ná twee projekte spog dié gesellige kuierkol nou met nuwe kleur en fleur.

Kuierkol vir ’n kokkedoor • Pleks van ’n volskaalse opknap het dié kreatiewe Paarliete gewerk met wat hulle het en ’n aanloklike onthaalarea geskep.

LEEF na buite! • Elke huis kan die natuur innooi met alles van atriums en stapeldeure waar die lig instroom, tot stoepe wat ’n naatlose oorgang na die tuin het – selfs al is die begroting klein.

’n Oerwoud TUSSEN MURE • Min plek op jou werf? Volg dié tuinier se raad en skep ’n lushof met huisplante.

Dekor vir jou tuin • ’n Tuin bestaan beslis nie net uit plante nie – maak só ekstra mooi met die regte bykomstighede.

Laat hulle dans in die wind • Met ornamentele grasse in jou beddings kry jou tuin behoorlik lewe.

Plant en pluk inheems • Kweek vir jou ’n bedding vol plukblomme uit eie bodem!

ALLES OOR blomme & bye • Só skep jy ’n paradys wat goeie insekte na jou tuin sal lok (en daar hou).

Oase in die stad • Met kabbelende stroompies en watervalle tussen drie poele het die Rolles vir hulle ’n toevlug net soos in die natuur geskep.

Uit nood gebore • Nellie van Aardt maak waterwys tuin, want dit is wat haar omgewing van haar vra.

Klippe vra nie water nie • Gruis, agaat en plaveisel komplementeer waterwys plante en rose in dié Bolandse tuin.

Rustig op die oog • Inheemse plante en ’n beperkte kleurskema definieer dié goed beplande tuin.

’N TUIN van steggies • Met min moeite maak Maya Pellissier haar plante meer. En dié waarvan sy te veel het, ruil sy uit!

Van ongerep tot welige orde • Deur steggies te maak en plante te verdeel het Anne Turner en haar seun David ’n asemrowende tuin geskep wat telkens ’n nuwe persoonlikheid kry van een seisoen tot die volgende.

5-sterweelde • Bou ’n insekhotel en skep ’n habitat vir voordelige goggas en klein reptiele soos geitjies en akkedisse.

Nog inspirasie ...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans