Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Cover image for Weg!

Weg!

Aug/Sept 2026
Magazine

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Wanneer die lewe vir jou lemmetjies gee

AGTER DIE SKERMS • Hoewel hy sonnige Suid-Afrika vir grys Brittanje verruil het, is Patrick Cruywagen steeds iewers in die buitelug sodra hy die kans kry. Lees die laaste aflewering van sy Wallis-avonture in Reisjoernaal op bl. 120.

Weg!

BRIEWE • Het jy iets interessants gesien op jou reise? Stuur vir ons ’n brief, ’n e-pos of ’n posduif en sê jou sê.

V & A • Elke maand beantwoord ons kenners lesers se vrae oor voëls, insekte en diere. Stuur jou vrae gerus na 🖰 redakteur@weg.co.za

KYK HIER!

VIER VRAE • Die argitek en Obama Foundation-leier Wandile Mthiyane het onlangs van Durban na Kaapstad gestap.

STERREWEG • Gedeeltelike maansverduistering

Koning van mý berg

Saal af op Springbok • Die gebore Namakwalander Rey Janse van Rensburg deel van sy gunsteling-plekke in en om die streek se “hoofstad”.

Kallerkop-gedagtes • ’n Snars musiek kan jou eensklaps terugvoer na jou kinderdae... Albert du Plessis onthou ’n visvangekspedisie op die Vaalrivier.

BOEKE & MUSIEK

Richtersveld... genadeveld • In die Groter-Richtersveld-erfenisgebied gun mense die aarde vir mekaar. Hier is berge en fonteine vol genade en dowwe tweespoorpaaie wat hemel toe lei.

Plek van die olifante • In die Gonarezhou- nasionale park kan jy avontuur (wilde kampplekke, rivierkruisings, grondpaaie...), die Groot Vyf en van die mees ikoniese uitsigte in Afrika te wagte wees. En in hierdie afgeleë park in die suidooste van Zimbabwe kan jy onder wit linne slaap.

Patagonië: Dis die ‘paine’ werd • Hoë graniettorings, turkoois mere, ysblou gletsers en snoesige berghutte... Chile se Torres del Paine- nasionale park is een van daardie wenslysiebestemmings vir stappers! Kom stap (of droom saam oor) die W-trek (75 km), een van die beste maniere om dié uiterste landskap te verken.

Patagonië met ’n peuter • Die De Vos-gesin van Kaapstad – Aliza, Steyn en die 19 maande oue Klein-Steyn – het die W-trek in Desember 2024 gestap. Op die koop toe was Aliza swanger met hulle tweede baba.

MENSE SE LENSE • Jy hét mos al ’n spoggerige foto geneem wat sy plek met trots kan vol staan op hierdie bladsye, of hoe? Stuur dit vir Toast Coetzer by 🖰 menseselense@weg.co.za – dalk plaas ons dit hier!

Sonnig, met ’n stert hier en daar...

Wys ’n bietjie been! • Hulle sê vleis aan die been is geuriger en sappiger en ons stem saam!

Vat jou goed en trek • Die dae toe die vakansiebagasie in die kattebak en op die agterste sitplek tussen die kinders en Woef ingeprop moes word, is genadiglik verby. Deesdae is daar uitstekende pakplekbykomstighede beskikbaar sodat almal se speelgoed (pa en ma s’n ook) saamgery kan word.

Alles loop reg, altyd reg • Of jy nou Toyota met ’n passie haat, of joune so liefhet soos die Kaap, dié voertuigreus het met die bekendstelling van die splinternuwe Hilux en Land Cruiser FJ weer gewys hoekom Toyota die plaaslike mark vir bakkies en veldryers vir nog baie jare gaan oorheers.

Stilte sonder grense • Skaduwee is ’n kosbare ding in die ooptes van die Bo-Karoo. Op Vosburg is daar meer as genoeg. En bittermin dinge wat die stilte kan versteur. Kan ’n mens enigiets meer nodig...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans