Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Cover image for Weg!

Weg!

Weg! Karoogids 2026
Magazine

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

TOAST AAN DIE WOORD

Weg!

KYK HIER!

Die verleiding van die Karoo • Al woon sy reeds ’n paar jaar in Duitsland, sal Anelia Heese nooit die landskap van haar grootwordplekke vergeet nie. Dié is in jou bloed.

Op die storiespoor • Daar loop nie meer ’n trein tussen Calvinia en Hutchinson nie, maar dit beteken nie die stories daarlangs het doodgeloop nie. Willem van der Berg het gaan kyk wat tussen die verlate haltes aangaan.

Die digter van Zoar • Die 85-jarige skrywer Hendrik Januarie is digby Seweweekspoort, in die skadu van die Swartberg, gebore. Hy het ’n leeftyd lank vele paaie geloop, maar is nou terug op sy geboortegrond om die verhale van sy mense te vertel.

Storm oor die Swartberg • Die Swartberg is ’n wêreld van toringhoë pieke en vrugbare valleie met geskiedkundige vrugte- en wynplase. Justin Fox het dié bergreeks se suidelike hange in die herfs van storms verken.

Maak méér van Willowmore • Willowmore in die Oos-Kaap is een van daardie dorpies waar byna al die koffiewinkels en eetplekke langs die hoofstraat lê. Trek af, parkeer die Fortuner en laat die plekkie jou bekoor.

Maak maats op Matjies • Lus vir ’n skoot swierige geskiedenis én ’n happie vars Karoo-lug daarby? Dan is Matjiesfontein en sy mense die plek vir jou, reken Jac Kritzinger.

Weerlig in ’n bottel • Witblits is die verpersoonliking van die Klein-Karoo se rebelse gees. Chris Marais ontmoet die gesoute stokers van Barrydale, Ladismith, Calitzdorp en Oudtshoorn.

Tony se Karoo-fees • Die joernalis, dramaturg en kosliefhebber Tony Jackman deel vyf resepte uit sy nuwe boek, Retro Karoo Food – 80 Nostalgic South African Recipes. Nooi jou (beste) vriende oor vir ’n feesmaal!

BEPLAN JOU 2027! • Weg en Heuningland bied drie toere aan in 2027 – almal onder leiding van die ervare 4x4-gids Douwe Vlok.

Bly hier SPESIALE AKKOMMODASIE-AFDELING • Geriewe • Koste • Aktiwiteite & Kontakdetails

Gebooie uit die Bo-Karoo • Die Karoo het heelwat streke en van hulle trek nie juis aandag nie. Vat nou maar die Bo-Karoo, doer in die Noord-Kaap rondom dorpe soos Britstown, Hopetown, Strydenburg en De Aar. Willem van der Berg het ’n paar rustige blyplekke gaan uitsoek.

Pure plaas, Prins Albert-styl • Daar is uitstekende blyplekke op Prins Albert, maar as jy die gedreun van die hoofstraat se verkeer wil verruil vir die geroep van jakkalse, en die skynsel van straatligte vir ’n hemel vol sterre, bespreek verblyf op een van die distrik se voortreflike gasteplase.

Saal af in stilte • Die Tankwa se wydoop einders is net die regte doepa vir moeë stadsiele. Jac Kritzinger het die vlaktes deurgesuiker (sonder ’n enkele papwiel!) en op ’n paar gawe blyplekke afgekom waar ’n mens die stilte kan hoor sing.

’n Perd vir elke pad • Die Mahindra Scorpio-N lyk goed op papier én is sag op die oog. Maar kan hy sy man staan op die berugte gruispaaie van die Tankwa?

Beaufort-Wes • In die stuk verlatenheid tussen Beaufort-Wes, Murraysburg en Aberdeen lê die plaas Theefontein waar die kruiekenner Antoinette Pienaar woon. Sophia van Taak het gaan kuier.

Vol — vir ’n verandering! • Die Beervleidam tussen Willowmore en Aberdeen is gewoonlik kurkdroog, maar in Julie het die Weg-leser Deon Meyer...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans